On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Arts

OFM Kunsteklop: Onbesonge heldinne van Suid-Afrika

───   11:33 Mon, 16 Jan 2023

OFM Kunsteklop: Onbesonge heldinne van Suid-Afrika  | News Article
Foto: Bloemfontein Courant

Die Oliewenhuis Kunsmuseum het tans 'n uitstalling getiteld "Never-ending secrets and untold stories: The embodiment of women in war" aan tot 26 Februarie.

Hierdie uitstalling is saamgestel uit die versamelings van Oliewenhuis Kunsmuseum, Amptelik:Anglo-Boereoorlogmuseum en die Kunsbank van Suid-Afrika.

In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Yolanda de Kock oor wat besoekers kan verwag en hoe hierdie uitstalling tot lewe gekom het.

Die uitstalling vertel die storie van n gewelddadige geskiedenis en ervarings van Suid-Afrikaanse vroue en kinders tydens oorloë, konflikte en pandemies. Hierdie uitstalling val ook saam met die 16 dae van aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld en is tans aan by die Oliewenhuis Kunsmuseum.  

Die temas van die uitstalling sluit in die trauma, lyding, krag en oorlewing van vroue tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog en die uitstalling betrek ook die huidige oorlog wat vroue in die gesig staar weens die omvang van geslagsgebaseerde geweld.

Die uitstalling is tans aan tot 26 Februarie 2023. Vir meer inligting besoek Oliewenhuis Kunsmuseum

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.