On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

OFM Kunsteklop: Bloemfontein is reg vir Nataniël se terugkeer

───   08:42 Thu, 02 Feb 2023

OFM Kunsteklop: Bloemfontein is reg vir Nataniël se terugkeer | News Article

Ses figure in ’n skuitjie, is dit vlugtelinge, vakansiegangers, vissermanne of lewensredders?

Met stories in Engels en Afrikaans, splinternuwe musiek, unieke kostuums en ’n geselskap van uitmuntende musikante keer Nataniël terug na die Sand Du Plessis-teater met sy gewilde produksie "Six in a boat".

In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Nataniël oor wat mense kan verwag van hierdie produksie en sy liefde vir die Sand du Plessis.

Hy deel die verhoog met Marcel Dednam (klavier), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) asook sangers Dihan Slabbert en Nicolaas Swart en die kostuums is ontwerp deur Floris Louw.

Nataniël het homself nie net gevestig as sanger, liedjieskrywer, vervaardiger, regisseur, ontwerper en openbare spreker nie, maar ook as Suid-Afrika se voorste eksponent van die solo-verhoogaksie.

Kry jou kaartjie vandag by seatme


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.