Arts
Nuwe boek uit die pen van Sjaka S. Septembir plaas die liefde as middelpunt─── 08:17 Tue, 21 Mar 2023
In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met ’n akteur, regisseur en skrywer, Sjaka S. Septembir oor sy nuwe book getitel “Die bardo van Biko April”.
Die boek is ’n eksperimentele roman vir volwassenes, met die belangrikste temas liefde en selfmoord/selfdood en was op 23 Februarie 2023 by die Nasionale Asfrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum bekend gestel.
Sjaka wat al oor die afgelope 26 jaar gedigte en verhoogstukke skryf is ook bekend vir sy gedigte wat in Ons Klyntji en New Contrast verskyn.

Die roman lê (soms surrealisties) die innerlike bloot van die hoofkarakter, Biko April, en verweef dit met sy worsteling met depressie en sy wroeging oor verliefdheid, vriendskap en eensaamheid – ook sy groot passie: om te skryf. Dit word vertel in die styl van skrywers soos Kleinboer, Henry Miller en Charles Bukowski.
Om meer uit te vind besoek sy Instagram bald shaka_s_septembir (https://www.instagram.com/sjaka_s_septembir/) . Die bardo van Biko April, is ook beskikbaar by @obzbooks en Turksvy Publikasies
