Arts
NALN vier fees met woorde en helder klank─── ELSABÉ DE JAGER 15:16 Mon, 15 May 2023
Op Donderdag 18 Mei word NALN se 50ste verjaarsdag met musiek gevier.
Wyno Simes, kurator, se versugting vir ’n musiekkonsert is deur Johan Cromhout, musiekdosent en orrelis van Bloemfontein, aangehoor. Finansiële ondersteuning van die Kunstetrust kon die droom bewaarheid.
Cromhout se voorstel was ’n liederaand met die klem op musiek van die twee bekende komponiste S. le Roux Marais en Petrus Lemmer. Albei se werk word in NALN in bewaring gehou.
Mezzosopraan Matildie Wium en tenoor Albertus Engelbrecht verskaf saam met Cromhout as begeleier luister aan die aand. Hy beskryf die program as ’n aand vol liedere wat wissel van dramaties tot intiem en innig.
