Arts
Skryf in vir ATKV-Skryfskool se verhaalslypskool─── 09:00 Tue, 27 Jun 2023
Hoe skryf ‘n mens ‘n geslaagde verhaal en hoe verbeter jy jou kanse vir publikasie? Jeanné Naudé, Projekorganiseerder: Taal by die ATKV, verduidelik aan Yolanda Maartens dat jy die antwoorde sal vind by die ATKV-Skryfskool by die Vrystaat Kunstefees.
Skryf in vir die ATKV-Skryfskool se verhaalslypskool by vanjaar se Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein. Die aanbieder is prof. Hans du Plessis, bekend as stimuleerder van skrywersloopbane deur die ATKV-Skryfskool, waarvan hy 21 jaar die direkteur was. As skrywer van gewilde romans, verhoogstukke, digbundels, rubrieke en artikels weet hy waarvan hy praat as dit oor geslaagde skryfwerk gaan. Koop jou kaartjie voor 3 Julie 2023 en kontak Ronel Grundlingh van die ATKV by ronelg@atkv.org.za

