On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

Picture This! nooi ontluikende illustreerders om in te skryf

───   09:00 Tue, 18 Jul 2023

Picture This! nooi ontluikende illustreerders om in te skryf | News Article

Is jy een van die inspirerende illustreerders van prenteboeke ? Stuur vir ons drie van jou unieke illustrasies wat saam ’n storie vertel. Dit kan ’n bestaande of jou eie storie wees. Skryf dan in vir Picture This!

Reon Erasmus van Protea Boekhuis sluit by Yolanda Maartens aan in OFM Kunsteklop om te gesels oor die jaar se kompetisie en hoe jy kan inskryf.

Onthou om die teks in te sluit wat by elke illustrasie pas, asook ’n kort opsomming van die hele storie (nie meer as 250 woorde nie). Stuur dit as ’n Word-dokument.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 30 AUGUSTUS 2023

Vir meer inligting of om jou werk op te laai, besoek www.wwpic.com of stuur ’n e-pos na reon@proteaboekhuis.co.za

 

  • Jy mag nie illustrasies inskryf wat al voorheen gepubliseer is nie.
  • Jy kan enige tegniek of medium gebruik.
  • Jy mag slegs inskryf indien jy nog nooit vantevore ’n prenteboek by ’n gevestigde uitgewery gepubliseer het nie. Jy mag wel inskryf indien van jou illustrasies al voorheen in opvoedkundige boeke of in ander formate of genres verskyn het (byvoorbeeld in digbundels, volwasse fiksie of op boekomslae).
  • Illustreerders uit ander lande buiten Brittanje, Frankryk, Suid-Afrika, Duitsland, Nederland en België mag ook inskryf deur hul bydraes op enige van die organiserende lande se webwerwe te laai. Ten einde kommunikasie vir al die beoordelaars te vergemaklik, moet die meegaande teks in Engels wees.



Laai jou illustrasies en teks op by www.wwpbic.com. As jy die eerste digitale keuringsrondte slaag, sal ons jou vra om drukstukke van jou werk te stuur. ’n Professionele groep beoordelaars sal die drie beste inskrywings uit Nederland, België, Frankryk, Suid-Afrika, Duitsland en die Verenigde Koninkryk kies. Die uitslae sal in September 2023 op hierdie webtuiste bekendgemaak word. Wenners sal ook per e-pos ingelig word. Wenkunstenaars se werk sal deel uitmaak van ’n reisende tentoonstelling in die deelnemende lande en die finale keuse van wenillustrasies sal ook in ’n internasionale katalogus gepubliseer en aan bekende internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna Kinderboekebeurs in 2024 voorgelê word – ’n uitstekende geleentheid vir kunstenaars om internasionale blootstelling te verkry.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.