Arts
Kom kuier saam by Vrystaat Kunstefees Blêrkas!─── 09:00 Tue, 11 Jul 2023

Blêrkas! staan reg met topvermaak by die Vrystaat Kunstefees. Isabel Lock en Gavin Coetzer deel al die besonderhede met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop.
Maak gereed vir 'n onvergeetlike ervaring by die Vrystaat Kunsfees se Belgravia Blêrkas!
Daar heers groot opwinding nadat die kunstenaars vir vanjaar se Belgravia Blêrkas aangekondig is. Maak gereed vir topkunstenaars soos Bobby Van Jaarsveld, Reën, Almero, Jack Parow en meer!
Onthou die toegangskaartjie van R20 gee jou nie nét toegang tot die feesgronde nie, maar sluit die Belgravia Blêrkas in, waar jy hierdie fantastiese kunstenaars in aksie sal sien. Kry jou kaartjie by Webtickets.
kykNET het ook seker gemaak dat niemand die rugby die Saterdag sal misloop nie!
Maak gereed om die opwinding te ervaar, weer in die winter!
Vrystaat Kunstefees van 11-15 Julie 2023!