Arts
Aardklop 2023 - hier kom ons!─── 16:43 Mon, 17 Jul 2023
Sponsored16:43 Mon, 17 Jul 2023
Momentum Beleggings Aardklop keer vanjaar volwaardig terug na Potchefstroom vanaf 3 tot 8 Oktober en ons is baie opgewonde oor wat 2023 vir ons inhou.
Om volkome terug te keer, beteken ‘n volronde aanbod van kuns in Afrikaans met hoogstaande teater- en musiekproduksies, aktuele- en boekgesprekke, ’n feesterrein en vele meer. Ons hunker almal na samesyn en kan nou weer behoorlik uitreik, sosialiseer, ervarings deel en die unieke impak van die kunste saam beleef.
Ons program spog met debuutwerke deur onder andere bekroonde teatermakers Nico Scheepers, Philip Rademeyer, Antoinette Kellermann en De Klerk Oelofse. Produksies wat reeds elders opslae gemaak het sluit Die moeder, Mirakel, Woordmusiek, Mixtape van die liefde en Hoerkind in. Teatergangers kan ook uitsien daarna om gunsteling TV-sterre en akteurs soos Cindy Swanepoel, Zak Hendrikz, Dawid Minnaar, Jana Cilliers, Rolanda Marais, Joanie Combrink, Je-Ani Swiegelaar en Desiré Gardner (Magda Louw) op die verhoog te sien.
Oudergewoonte sal eersteklas musikante soos Coenie de Villiers, Charl du Plessis, Rocco de Villiers, Amanda Strydom, Loki Rothman, en Mauritz Lotz die hartsnare tokkel.
Gesels, redeneer en luister saam by The Roots Café waar ons aktuele en boekgesprekke vanjaar aangebied word. Trek heeldag in vir indringende aktuele gesprekke deur, onder andere, Beeld redakteur Barnard Beukman, diskoers gelei deur Lourensa Eckard van kykNET se In Gesprek en die gewilde Sake & Sauvignon met Theo Vorster. Boekgesprekke word aangebied deur Penguin en NB-uitgewers en sluit gesprekke met Marita van der Vyfer en ander wêreldklas skrywers in, in Afrikaans.
Kuier ook saam by die ATKV Boeke Oase en Netwerk24 feeskafee.
Ons feesterrein op die oewer van die Mooirivier bied samesyn, gehalte kos- en kunsvlyt met vermaak vir die hele gesin. Lees meer oor ons program by www.aardklop.co.za en koop nou al jou kaartjies by www.ticketpros.co.za.
Yolanda Maartens gesels met Alexa Strachan – Uitvoerende hoof, Momentum Beleggings Aardklop.