On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Arts

As jy lief is vir illustrasies teken, is die ‘Picture This’-kompetisie vir jou!

───   09:00 Thu, 01 May 2025

As jy lief is vir illustrasies teken, is die ‘Picture This’-kompetisie vir jou! | News Article
Aida de Jong 2019

“Picture This” is terug en gee aan aspirant-illustreerders die geleentheid om hul werke gepubliseer te kry, plaaslik en oorsee.

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Reon Erasmus in die OFM Kunsteklop, oor wie mag inskryf en wat op die wenner van die uitsonderlike geleentheid wag.


 

“Picture this” is op soek na inspirerende prenteboek-illustreerders en jy kan een van hulle wees! Om in te skryf, stuur drie van jou mees unieke illustrasies wat saam ’n storie vertel. Dit kan ’n bestaande of jou eie storie wees. Sluit die teks in wat by elke illustrasie pas, asook ’n kort opsomming van die hele storie (hoogstens 250 woorde). Stuur dit as ’n Word-dokument.

Omdat die kompetisie internasionaal is, moet die teks in Engels wees. 


As jy wil inskryf is dit belangrik om die volgende te onthou:

  • Jy mag nie illustrasies inskryf wat al voorheen gepubliseer is nie.
  • Jy kan enige tegniek of medium gebruik.
  • Jy mag slegs inskryf indien jy nog nooit vantevore ’n prenteboek by ’n gevestigde uitgewery gepubliseer het nie. Jy mag wel inskryf indien van jou illustrasies al voorheen in opvoedkundige boeke of in ander formate of genres verskyn het (byvoorbeeld in digbundels, volwasse fiksie of op boekomslae).
  • Ten einde kommunikasie vir al die beoordelaars te vergemaklik, moet die meegaande teks in Engels wees.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Mei 2025.

Vir meer inligting, besoek gerus www.wwpic.com of stuur ’n e-pos aan reon@proteaboekhuis.co.za.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.