Arts
Upington, Bloem en Potch – kom neem deel aan A-Arts Nasionale Kunstefees─── 09:00 Tue, 27 May 2025

Vir 23 jaar al kan alle ouderdomme deelneem aan die A-Arts nasionale kunstefees in dans, drama, musiek en sang. In Sentraal-Suid-Afrika kan finaliste deelneem in Upington, Bloemfontein en Potchefstroom.
A-Arts is ’n motiverende en kompeterende kunstefees wat ’n hoogtepunt bereik in April 2026 tydens hul ‘Rising to Fame’ finale konsert.
Direkteure Wanya Downing en Denise van Dyk sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om ook te vertel van die pryse wat op die spel is en hoe registrasie werk.
Die A-Arts Nasionale Kunstefees is gestig in 2003 in Centurion Gauteng. In dié tyd was hul naam Artisticulta en met die groei van die kunstefees is die naam verander na A-Arts toe.
A-Arts is ’n motiverende en kompeterende kunstefees wat al die kunsvorme huisves, naamlik dans, drama, musiek en sang. 2025 is hul 23ste bestaansjaar en dié jaar het A-Arts geweldig uitgebrei na al die hoeke van Suid-Afrika, insluitend Upington.
Die kunstefees is vir alle ouderdomme, vlakke van ontwikkeling, genres en style oop.
Deelnemers van Sentraal-Suid-Afrika kan van 20-21 Junie by Upington Hoërskool deelneem, in Bloemfontein van 1-2 Augustus by die Wynand Mouton-teater, en die 20ste September by die Laerskool ML Fick in Potchefstroom.
Die A-Arts Nasionale Kunstefees is vir alle ouderdomme, vlakke van ontwikkeling, genres en style oop. Die kunstefeeste dien as ’n platform vir die A-Arts Grand Finale – Rising to Fame, waar deelnemers wat 80% en hoër behaal het, teen mekaar kan deelneem.
Dit is ’n spoggeleentheid waar die beste van die bestes landwyd teen mekaar meeding. Rising to Fame se finale kunstefeeste gaan gepaard met werksessies wat aangebied word, elke deelnemer ontvang ’n sertifikaat en medalje en daar is trofees vir kategoriewenners, sowel as kontantpryse vir die drie algehele wenners in elke kunsvorm.
Die einddoel is om Rising to Fame as ’n internasionale platform te vestig waar deelnemers van die buiteland op internasionale vlak hier in Suid-Afrika kan kom deelneem.
Meer inligting is beskikbaar op hul webtuiste www.a-arts.co.za. Volg hul facebook blad @A-Arts Provincial, National and International Festival en ook hul Instagram by @AArtsSouthAfrica