Arts
Amanda Strydom vertel met deernis die verhaal van Tinkerbell van Tonder─── 09:00 Tue, 08 Jul 2025

Die OFM Kunsteklop vind uit wat jy tydens vanjaar se 25ste Vrystaat Kunstefees kan verwag. Een van die groot name wat die verhoog betree, is Amanda Strydom.
In hierdie verhaal is daar hartseer, oorwinning, ‘n kykie na ons geskiedenis en 11 uiters treffende liedjies wat gehore se harte sal aanraak.
Die produksie The incredible journey of Tinkerbell van Tonder het in 2024 die Woordtrofee vir Beste Prestasie in Kontemporêre Musiek gewen tydens die Woordfees en sy vertel aan Yolanda Maartens wat dit vir haar beteken om die produksie Bloemfontein toe te bring, saam met Coenraad Rall op klavier.
Die kind se naam was Isabella Dolorosa van Tonder, maar haar 'Granny' het haar Tinkerbell genoem. Amanda Strydom, as Nella Petersen, vertel ’n storie van hoop, wonderlike avonture, selfontdekking, en oplaas tuiskoms na jou komvandaan, verweef met musiek wat verwerk is en begeleiding deur haar vaste pianis, Coenraad Rall.
Amanda Strydom. Foto verskaf/Vrystaat Kunstefees
“Life is a journey, wie is djy nou om die transport te question?”
Genre: Kontemporêre musiek
Sanger: Amanda Strydom
Pianis: Coenraad Rall
Tydsduur: 70 min
Aanbevole ouderdom: 13+
Taal: Afrikaans, Engels, Kaaps, Koi, Frans, Nederlands
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.