Arts
Plaaslike visuele kuns is ‘n wonderlike geskenk en belegging─── 09:00 Thu, 31 Jul 2025

Die gedagte dat visuele kuns ‘n belegging en wonderlike geskenk is, is een van die redes hoekom die maandelikse kunsuitstalling by URTH in Bloemfontein, ontstaan het.
Diandra Steenekamp van die Secret Artists’ Club sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop, om kunstenaars te nooi om hul werke ook te deel en om die publiek te nooi om hul te kom ondersteun.
Elke eerste Sondag van die maand bied die Secret Artists’ Club in Bloemfontein ‘n kunsuitstalling by URTH aan. Toegang is gratis. Die idee is om visuele kunstenaars die geleentheid te gee om hul werke ten toon te stel, toegang tot nuwe kliente te kry en om ‘n netwerk tussen kunstenaars te bou. Diandra Steenekamp vertel dat kunstenaars in en om Bloem baie welkom is om met haar kontak te maak en deel te raak van die geleentheid.
Die 3de Augustus vind die volgende uitstalling plaas en sluit werke in van Marian Labuschagne, Rae Gagiano, Rencia van Blerk, Leana Viljoen, Kaitlyn Pay en Sibone Nunan.
Leana Viljoen Marian Labuschagne
Volg gerus The Secret Artists’ Club op Facebook en Instagram vir meer besonderhede: https://www.facebook.com/p/The-Secret-Artists-Club-61552568163705/
Navrae kan ook gerig word aan Diandra by 072 726 8052.