On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Arts

Luna Paige se ‘Die Reisigers’ debuteer in Potchefstroom

───   09:00 Tue, 23 Sep 2025

Luna Paige se ‘Die Reisigers’ debuteer in Potchefstroom | News Article
Luna Paige. Foto: Hannie du Plessis

Die bekroonde sanger-liedjieskrywer Luna Paige stel vanjaar haar nuutste produksie, Die Reisigers, bekend by Momentum Aardklop in Potchefstroom.

In hierdie introspektiewe musiekvertoning verken sy temas soos beweging, stilte van gees, aanvaarding en selfliefde. Die vertoning is geïnspireer deur haar persoonlike ervarings tydens reise, onder meer op die Spaanse Camino, sowel as haar waarnemings as kunstenaar en reisiger. 

Die liedjies, oorspronklik geskryf en getoonset in Suid-Afrika en Europa, reflekteer op die mens se diep verlange na betekenis, verbindings en transformasie.

“Ek gaan minder gesels en meer sing. Ek wil hê die musiek en die verbeelding van die gehoor moet saamspeel,” sê Luna. 

“Hierdie vertoning gaan oor die innerlike veranderinge wat my reise teweeggebring het, eerder as die reise self. Die reis word ’n simbool van die menslike groeiproses, van die lewe.”

Met Die Reisigers neem Luna gehore op ’n meesleurende reis deur die Groot Reis en die altyd ontwykende eindbestemming. As reisiger en waarnemer het sy dikwels die ooreenkomste tussen mense ontdek, verbindings wat alle reisigers op hierdie planeet deel.

Nog voor sy na Europa vertrek vir ’n reeks optredes, bring Luna hierdie unieke produksie eerste na haar plaaslike gehore. 

Die Reisigers debuteer op 10 Oktober 2025 by Momentum Aardklop en word daarna op 19 Oktober eenmalig aangebied by die Toyota Stellenbosch Woordfees.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.