On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

Vrystaat Kunstefees 2026: Die verhoog roep jou – aansoeke is oop!

───   09:00 Thu, 13 Nov 2025

Vrystaat Kunstefees 2026: Die verhoog roep jou – aansoeke is oop! | News Article
Michael Garbett en Frieda van Niekerk by die 2025-fees.

Die Vrystaat Kunstefees vind plaas van 7 tot 11 Julie 2026 op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Een fees, baie stories.

Die Vrystaat Kunstefees se feesdirekteur Michael Garbett sluit aan by Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop en beklemtoon die unieke platform wat die fees bied vir diverse stemme, genres en kulturele uitdrukking. 

Frieda van Niekerk sluit ook by die gesprek aan en deel insigte oor volgende jaar se kunstemarkbeplanning. 

Die Vrystaat Kunstefees is terug in 2026 en beloof om weereens te ontplof met kleur, kreatiwiteit en kultuur! Die kunstefees voorsien 'n energieke mengsel van teater, visuele kuns, musiek sowel as letterkunde. Werksessies en gemeenskapsgesprekke word ook aangebied.

Van baanbrekende verhoogproduksies tot gedagteprikkelende uitstallings en gesinsvriendelike pret – daar is iets vir almal.

OFM is ’n trotse mediavennoot van die Vrystaat Kunstefees.

Sluit aan by die ruimte waar kreatiwiteit, kultuur, en gemeensaamheid lewe wek by die Vrystaat Kunstefees.













Aansoeke is oop vir Hooffeesteaterproduksies sowel as die Kunsmark! 

Hooffeesaansoeke sluit 28 November. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na Daniel@vrystaatkunstefees.co.za.

Kunsmarkaansoeke sluit op 27 Februarie 2026. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na Frida@vrystaatkunstefees.co.za.

OFM cvs


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.