On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Arts

Museum nooi jong kunstenaars om hul ‘my museum, my kuns’ ten toon te stel

───   08:00 Tue, 04 Aug 2026

Museum nooi jong kunstenaars om hul ‘my museum, my kuns’ ten toon te stel | News Article
Die Nasionale Museum nooi jong kunstenaars uit om deel te neem.

Vanjaar se kompetisie moedig jong kunstenaars aan om te wys wat die Nasionale Museum in Bloemfontein vir hulle beteken – nie net die gebou self nie, maar ook die stories, herinneringe, voorwerpe, verbeelding en ervarings wat daarmee verband hou.

Die Nasionale Museum in Bloemfontein bied weer vanjaar aan jong kunstenaars die geleentheid om hul kreatiwiteit ten toon te stel met die 2026 Vrystaatse Jong Kunstenaarskompetisie.

Vanjaar se tema, "My museum, my kuns," moedig leerders aan om op kreatiewe wyse uit te beeld wat die museum vir hulle beteken. Dit kan die museum se geskiedenis, stories, voorwerpe, herinneringe of selfs die inspirasie wees wat hulle tydens 'n besoek ervaar het.

Die kompetisie is oop vir drie ouderdomsgroepe; tussen vyf en nege jaar oud, tussen 10 en 14 jaar en tussen 15 en 19 jaar. Deelnemers het die geleentheid om kontantpryse te wen. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Augustus 2026, waarna finaliste na 'n prysuitdeling genooi sal word.

In hierdie episode van OFM Kunsteklop gesels Carien van Eck van die Nasionale Museum met Yolanda Maartens oor die kompetisie, die inspirasie agter vanjaar se tema en hoe jong kunstenaars kan deelneem.

Vir meer inligting, die kompetisiereëls en om 'n inskrywingsvorm af te laai, besoek die Nasionale Museum se webwerf: https://nasmus.co.za/category/news/

OFM Nuus   cvdw

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.