On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Ashmund
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Arts

Kreatiwiteit het geen ouderdomsbeperking

───   08:00 Tue, 20 Oct 2026

Kreatiwiteit het geen ouderdomsbeperking | News Article

Kreatiwiteit het nie ’n ouderdomsbeperking nie, en volgens kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaar Liesel Wessels kan kuns ’n waardevolle manier wees vir volwassenes om hulself uit te druk, iets nuuts te leer en bloot tyd vir hulself te maak.

Liesel werk in ’n realistiese styl en haal inspirasie uit die skoonheid, emosie en fyn besonderhede van mense en die natuur. Hoewel sy veral bekend is vir haar portretwerk, sluit haar kuns ook onderwatertonele, wildlewe en blomstudies in. Sy werk met mediums soos olieverf, grafiet, sagte pastel, akriel, waterverf en gemengde media.

Sy bied kunsklasse vir volwassenes in Bloemfontein sowel as aanlyn aan en sluit by Yolanda Maartens aan in die jongste OFM Kunsteklop om te gesels oor wat volwassenes uit kunsklasse kan kry, en wat sy self deur die jare geleer het deur mense se kreatiewe ontwikkeling te begelei.

Liesel skep ook geleenthede vir ander kunstenaars. Sy nooi kunstenaars van oor die land heen om deel te neem aan haar kunsuitstalling Something Blue, wat van 26 tot 28 November in Bloemfontein plaasvind. Die uitstalling bied ook aan haar studente ’n platform om hul werk aan ’n groter gehoor bekend te stel.

Foto verskaf

Meer oor Liesel se kunsklasse vir volwassenes is beskikbaar by Liesel Wessels – Adult Art Classes.

Meer inligting oor Something Blue is beskikbaar by Something Blue – Liesel Wessels.

sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.