At Lunch

Kontreikuiers: Adriaan van den Berg oor Shifty Records en die Voëlvry-beweging

───   10:31 Wed, 28 Apr 2021

Kontreikuiers: Adriaan van den Berg oor Shifty Records en die Voëlvry-beweging  | News Article

In Kontreikuiers kuier en klets At Lunch se Cyril Viljoen elke week met kleurvolle en interessante persone regoor sentraal Suid-Afrika.

Shifty Records het ’n Afrikaanse musiekrevolusie begin met Johannes Kerkorrel se 'Eet kreef', Koos Kombuis se 'Niemandsland' en James Phillips se 'Wie is Bernoldus Niemand?' Die kunstenaars en hul musiek het sentraal gestaan in die Voëlvry-beweging. 

LUISTER OOK: Die Royal Hotel op Bethulie se Anthony Hocking

At Lunch se Cyril Viljoen kuier vandeesweek by skrywer en meestersstudent, Adriaan van den Berg, wat destyds 'n werknemer by Shifty Records was. Adriaan was tydens die Voëlvry-toer 'n 'roadie' en het die musikante agter die skerms gehelp. Hy woon deesdae in Bloemfontein.

In sy gesprek met Cyril deel Adriaan ondermeer oor sy dae by Shifty Records en watter lewenslesse die Voëlvry-beweging hom geleer het. Luister na die potgooi hieronder:

@ 2021 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal
Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more