On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Yvette
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Moesie daar gewees het nie

───   09:05 Fri, 07 May 2010

Moesie daar gewees het nie   | News Article

‘n Mens dink altyd dit gebeur net met ANDER mense, tot dit jou die dag self tref.

Ek was so twee weke gelede by die Dermatoloog om ‘n vratjie te laat afbrand toe ek hom vra hy moet sommer na die moesie op my regterbeen ook kyk. Eintlik meer op aandrang van my tweelingsussie wat aanhoudend vir my sê “jy moet laat kyk na daai moesie”. Niks vreemd nie. Eintlik ‘n doodgewone, piepklein, ronde moesie. Maar pikswart. Dié sit seker nou al vir twee jaar op my been – raak nie groter nie, ook nie vreemder nie. Dis net daar. Deel van my.

Die Dermatoloog (Dr Jacobs by Rosepark Hospitaal) het die moesie net een kyk gegee en gesê dit moet “uit”. Hy doen toe ‘n biopsie en stuur dit weg vir ontleding. Twee weke gelede lui my selfoon. Dis die Dermatoloog se ontvangsdame. “Dokter wil jou sien,” sê sy. Jy weet wat dit beteken wanneer die dokter jou self wil sien. Slegte nuus. Dis gelukkig toe slegte én goeie nuus. Die slegte nuus is dat ek ‘n melanoom op my been gehad het. Die goeie nuus: Dis nié die aggressiewe soort nie en moet met chirurgie verwyder word. Meer voorkomend as enigiets anders.

Toe ek daardie middag huis toe ry was dit asof my lewensuitkyk binne sekondes verander het. Skielik raak ‘n mens so bewus van uiterstes. Lewe en Dood. “Jy is gelukkig”, sê Dr Francois van der Watt (wat my geopereer het) verlede Donderdag toe ek uit die teater kom. “Dit kon só anders gewees het”.

Nou loop ek met ‘n groot pleister en ‘n klomp steke (wat eers oor ‘n week uitgehaal word) rond. Dit jeug so baie dat ek wil mal raak! Maar dit kon soveel slegter gewees het. My sussie vra een keer vir die dokter waar kom moesies vandaan en hoekom kry ‘n mens dit as dit dan kwaadaardig kan wees. Die dokter som dit so goed op toe hy sê: “’n Moesie sê presies wat dit is – moesie daar gewees het nie!”

The moral of the story? Laat ondersoek jou moesies gereeld en pas jouself op.
 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.