The Good Morning Breakfast
Wees spontaan met Riaan Benade─── 07:52 Tue, 16 Mar 2021

"Meneer Spontaan" Riaan Benade het vanoggend saamgesels op Good Morning Breakfast, ondermeer oor "Yes Day", en wat hy van so ’n dag van ja-vir-als dink.
LUISTER NA DIE ONDERHOUD ONDER:
"Daar is min dinge wat Afrikaanse mense so baie geniet soos ’n diep boerseun, met ’n rasperstem en kitaar in die hand. Wat nog te sê as dié boerseun liedjies kan skryf wat mense in vervoering het. Riaan Benadé is nie net een van hulle nie - maar voorwaar ook ’n vars briesie in die Afrikaanse musiekbedryf, wie se naam nog lank op mense se lippe gaan wees." - Coleske Artist Management.
Dié veelsydige kunstenaar is nie net skrywer vir van Coleske Artists se grootste sterre nie, maar ook vir homself met sy debuutalbum, Spontaan.
Musiek was nog altyd deel van sy prentjie en veral met ’n Pa en Oom wat ook aanhangers regoor Suid-Afrika as die duo-groep Innes en Franna Benadé bekoor het, is dit nie verbasend dat Riaan ook in hul voetspore gevolg het nie.
Riaan is in 1992 in Pretoria gebore, waarna hy op driejarige ouderdom die voorreg gehad het om op hul familieplaas in Nylstroom groot te word. Die Benadés is bekend op Nylstroom met Riaan se Ouma wat ook ’n geliefde musiekonderwysres by die hoërskool was. Met tuisonderrig en buitemuurse aktiwiteite saam met die skool se kinders het hy die beste van beide wêrelde geniet.
Op vyftien het Riaan begin liedjies skryf en dié talent het in sy twinterjare vlam gevat. Na skool het hy musiek gaan studeer en dit is toe dat hy wéét wat hy met die res van sy lewe wil doen.
We caught up with Riaan Benade: