On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

'Dankie Lottoland' maak 'n verskil in Bloem saam met OFM se Yolanda Maartens

───   09:12 Fri, 28 May 2021

'Dankie Lottoland' maak 'n verskil in Bloem saam met OFM se Yolanda Maartens | News Article

OFM se Yolanda Maartens maak in hierdie week se episode vir 'Dankie Lottoland' 'n draai.

'n Maand terug het Yolanda die geleentheid gehad om 'n episode vir 'Dankie Lottoland' aan te bied. Die verfilming van die episode het plaasgevind by Pasteur Oog Hospitaal in Bloemfontein oor twee dae. Daar het die span van 'Dankie Lottoland' die pasiente ontmoet en hulle katarak operasies verfilm. 

Die inisiatief is deel van die ATKV-tak Gemeenskapsteater se jaarlikse projek: Sig vir Kersfees wat mense met karakte wat nie self die mediese onkostes kan dek nie, help. Pasiente wat al baie lank op die waglys is vir die lewensveranderende operasie, is toe geidentifiseer om die katarak operasies te ontvang. 

Vir die mense wat al vorige episodes gekyk het, ja daar is 'n groen koevert met 'n paar verrassings vir die span van Sig vir Kersfees maar jy moet maar inskakel om uit te vind hoe groot die verrassing is. Die episode is Saterdag, 18:00 op kykNET.



Daar is 'n lang waglys van pasiente wat nie die operasies kan bekostig nie. Indien jy 'n skenking wil maak kontak gerus bloemfonteingemeenskapsteater@gmail.com of stuur 'n boodskap aan Ebeth Wilson by 083 560 9178.

Natuurlik moes hare en grimeering gedoen word vir die opname, hier is Yolanda saam met Monique Linde wat haar so mooi laat lyk het.


'Dankie Lottoland' - die program met ‘n groot hart, wat hoop en verandering bring. 

Die Joyride het vroeër hierdie week met Maryke Haywood, bemarkingsdirekteur van Lottoland SA gesels oor die week se 'Dankie Lottoland'-episode en natuurlik oor dit wat alles by Lottoland aan die gebeur is. Luister gerus hier na hulle gesprek.


Podcasts

Dankie Lottoland maak 'n verskil in Bloem saam met OFM se Yolanda Maartens:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.