On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Business

OFM Sake-uur: Hoe beter jy klante behandel, hoe beter jou besigheid - Willie Grové

───   19:39 Tue, 29 Nov 2022

OFM Sake-uur: Hoe beter jy klante behandel, hoe beter jou besigheid - Willie Grové | News Article

Die Grovés streef daarna om die gesinswaardes, wat hul besigheid die sukses maak wat dit vandag is, blywend te maak.

Hul onderneming, wat 'n huishoudelike naam vir baie is, is in die 1900's gestig en word al vir meer as 'n eeu lank bedryf.

Awerbuchs is een van Bloemfontein se oudste besighede.


Dit het 'n instelling geword wat talle gesinne deur hul geslagte gedien het.

Van boere, sakemanne en predikante was afhanklik van Awerbuchs vir hul klere. Baie het ook stories om te vertel oor die aankoop van hul skooldrag, tot om later werksklere te koop.

Ná 'n eeu onder die bestuur van die Awerbuch-Mofsowitz-familie is die besigheid aan die Grové-familie verkoop. Willie Grové vertel aan die OFM Sake-Uur hoe hul familie besluit het om die besigheid te koop met hul ervaring van uitdagings en suksesse in die restaurantbedryf.

"Hoe beter jy jou klante behandel, hoe makliker val dinge in plek vir jou besigheid."

Grové deel hoe die slyp van jou kennis oor jou besigheid 'n bepalende rol speel in die sukses van jou onderneming. Verder deel hy hul Covid-19-pandemie besigheidstrategie en wat hul beste advertensie-instrument was.

OFM

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.