On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Honderde wat met staatsbeurse studeer, werkloos

───   CATHY DLODLO 06:21 Tue, 30 Jun 2020

Honderde wat met staatsbeurse studeer, werkloos | News Article

Honderde maatskaplike werkers wat met staatsbeurse studeer het, is werkloos sedert die begin van die 2020/2021-boekjaar in Sentraal Suid-Afrika.


Dit is volgens die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in parlement. 

Die departement sê 584 afgestudeerde maatskaplike werkers - in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes – is sedert Maart vanjaar werkloos. 

Die provinsie met die hoogste werkloosheidsyfer is KwaZulu-Natal, met 1301 maatskaplike werkers. 

Die Vrystaat het 265, Noordwes het 241 en die Noord-Kaap het 78 maatskaplike werkers wat nie ná afloop van hulle studies deur die regering aangestel is nie, alhoewel hulle met staatsbeurse studeer het.  


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.