On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

NK Onderwys Departement spook om beamptes aan te stel

───   15:22 Thu, 08 Apr 2021

NK Onderwys Departement spook om beamptes aan te stel | News Article

Die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap sê twee adisionele onderwysers sal aangestel word om die tekort aan onderwysamptenare by die Dr E.P. Lekhela Sekondere skool in Kimberley aan te spreek.

Die besluit volg na leerders gister geweier het om klasse by te woon, weens ‘n tekort aan Wiskunde en Geskiedenis onderwysers by die skool. 

Departementele woordvoerder Geoffrey van der Merwe sê die behoefte aan addisionele onderwysers het ontstaan as gevolg van ‘n toename in leerders in die Frances Baard streek vir die 2021 akademiese jaar.

Hy sê die Lur vir Onderwys, Zolile Monakali, sal Garies - waar soortgelyke probleme ervaar word – komende Dinsdag besoek.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.