On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Party waarsku teen moontlike verlies van 1 658 onderwysposte in Vrystaat

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:41 Thu, 26 Nov 2026

Party waarsku teen moontlike verlies van 1 658 onderwysposte in Vrystaat | News Article
Die Vrystaatse onderwysdepartement beoog om honderde poste te sny. Foto: iStock

Die moontlike verlies van 1 658 onderwysposte in die Vrystaat in die nuwe skooljaar kan nog druk op skole en leerders plaas, terwyl die provinsiale onderwysdepartement se finansiële probleme onder die loep kom.

Die DA is bekommerd oor berigte dat die departement beplan om honderde poste te sny weens voortgesette begrotingsbeperkings. Die voorgestelde besnoeiings raak glo kontrakposte eerder as permanent aangestelde onderwysers, sê Jafta Mokoena, DA-woordvoerder oor onderwys in die Vrystaatse wetgewer.

Hy waarsku egter die moontlike uitwerking daarvan op skole, leerders en die gehalte van onderrig moenie onderskat word nie. In die die ouditeur-generaal se jongste bevindings is glo ernstige finansiële en administratiewe tekortkominge in die departement uitgewys.


Die departement het in die 2025/26-boekjaar R473,2 miljoen se ongemagtigde uitgawes, R618,4 miljoen se onreëlmatige uitgawes en R106,5 miljoen se vrugtelose en verkwistende uitgawes aangeteken.

Die departement se bankoortrekking het ook tot R2,16 miljard gestyg. Mokoena sê leerders ervaar reeds die gevolge van dié probleme, onder meer weens onvoldoende infrastruktuur en oorvol klaskamers.

Hy verwys onder meer na die Primêre Skool Tshehetso-projek op Bothaville wat in Februarie 2019 begin het, maar volgens die ouditeur-generaal se bevindings steeds net 70,4% voltooi is.

“Voordat onderwysposte besnoei word, moet die departement eers bewys dat alle moontlikhede om vermorsing uit te skakel, finansiële wanbestuur aan te spreek en hulpbronne na onderrigdienste te herlei, ten volle benut is,” sê Mokoena.

“Dr. Mamiki Maboya, LUR vir onderwys, moet verduidelik hoe die voorgestelde besnoeiings individuele skole sal raak en watter maatreëls ingestel sal word om onderrig en leer te beskerm.”

Mokoena sê leerders behoort nie die gevolge van die regering se tekortkominge te dra nie en dat die departement se prioriteit die lewering van gehalte-onderwys moet wees.

OFM Nuus sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.