Central SA
Voormalige Premier by staatskaping betrek─── 12:42 Wed, 12 Jan 2022

Die Staatsdienskommissie het die Noord-Kaapse polisie opdrag gegee om die voormalige Premier, Dipuo Peters, wat na bewering by 'n korrupte SA Express-kontrak baat gevind het, dringend te ondersoek.
Die kommissie se verslag dui aan dat Peters tydens haar ampstermyn as Minister van Vervoer tussen 2013 en 2017 toesig gehou het oor twaalf staatsentiteite, insluitend die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).
Prasa was in daardie tydperk betrokke by die toekenning van 'n omstrede treinkontrak van R3,5 miljard aan Swifambo Rail Leasing, onder uitvoerende hoof, Lucky Montana, se bestuur.
OFM-nuus/Roderick Titus