On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Departement ondersoek seksuele teistering by Jan Kempdorpse skool

───   06:46 Sat, 23 Apr 2022

Departement ondersoek seksuele teistering by Jan Kempdorpse skool | News Article

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement se woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê die departement is bewus van bewerings van seksuele teistering en ongewenste verhoudings tussen onderwysers en leerders in die provinsie.

Hy voeg by hulle ondersoek tans 'n klag van seksuele teistering teen 'n onderwyser by 'n laerskool in Jan Kempdorp.

 Van der Merwe sê die departement wag op 'n volledige verslag oor die aangeleentheid vanaf die skool, waarna dit sal reageer. 

LEES MEER: Ontsnapte gevangene weer in aanhouding

Dit volg op oproepe dat die betrokke onderwyser afgedank moet word. 

LEES MEER: Mynramp in Noord-Kaap eis lewens

Van der Merwe het beklemtoon dat die departement ’n nul-verdraagsaamheidsbeleid ten opsigte van seksuele misdrywe en verhoudings tussen onderwysers en leerders het.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.