On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Departement reik vloedwaarskuwing uit vir Noord-Kaap

───   10:05 Sat, 23 Apr 2022

Departement reik vloedwaarskuwing uit vir Noord-Kaap | News Article

Die Noord-Kaapse departement van Water en Sanitasie het ’n vloedwaarskuwing vir die provinsie uitgereik.

Die woordvoerder vir die departement, Amogelang Moholeng, sê die waarskuwing volg op swaar reën oor groot dele van die land.

Hy sê die provinsiale rampbestuurspan en plaaslike munisipaliteite staan gereed om enige verlies aan lewens, vee en eiendom te vermy.

LEES OOK: Ontsnapte gevangene weer in aanhouding

Die Vanderkloofdam, op die grens tussen die Vrystaat en Noord-Kaap, staan tans op 105,95 persent kapasiteit, met 'n uitvloei van 888,55 kubieke meter per sekonde.

Intussen is die Spitskopdam op 113,17 persent kapasiteit.

Moholeng sê die Oranjerivier, naby die Augrabies-watervalle, vloei teen 1 754 kubieke meter per sekonde.

LEES OOK: Departement ondersoek seksuele teistering by Jan Kempsdorpse skool

Hy voeg by die vlakke verskil weens die breedte van die rivier op verskillende punte, maar waarsku mense moet eerder die rivier almal saam vermy.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.