Central SA
Minstens 47 voertuie betrokke by M41-kettingbotsing─── 14:45 Mon, 06 Mar 2023
Noodspanne op die toneel van Maandagoggend se kettingbotsing in Umhlanga, KwaZulu-Natal, het bevestig dat minstens 47 voertuie in die ongeluk betrokke was.
'n Vragmotorbestuurder het vermoedelik beheer oor sy voertuig op die M41 ooswaarts verloor.
Die vragmotor het in meer as 30 voertuie vasgery wat stilgestaan het naby die M4-oprit, wat absolute chaos op die M41 veroorsaak het.
Die wrak van voertuie kan oor sowat 400 meter langs die besige roete gesien word.
Sommige het omgeslaan, of in die versperring ingeslaan terwyl ander byna onherkenbaar vermink is.
Ooggetuies het aan Newswatch gesê die vragmotor het in die verkeer ingeploeg, wat tot stilstand gekom het.
Die voertuig het toe by 'n bewaringsterrein by Umhlanga Ridge ingerol voordat dit op sy sy geval het.
Medics have confirmed that over 50 cars was involved in the crash. Fortunately no deaths have been reported. pic.twitter.com/IZdmQl5836
— ECR_Newswatch (@ECR_Newswatch) March 6, 2023
Vyftien mense, insluitend 'n swanger vrou, is hospitaal toe geneem.
Een man wat by die ophoping betrokke was, het gesê hy is dankbaar dat hy lewe.
“Alle karre het stilgestaan as gevolg van die verkeersknoop en skielik het ek ’n groot slag gehoor, toe stoot al die karre wat agter my was mekaar.
Woordvoerder van die Durbanse Metropolisie, Boysie Zungu, het gesê dit gaan 'n rukkie neem om die pad skoon te maak.
"In hierdie stadium is dit baie moeilik om te bespiegel wanneer ons dit gaan oopmaak, want dit gaan tyd neem. Ons raai motoriste aan om ander roetes te gebruik tot verdere kennisgewing."
OFM-nuus
