On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Pad steeds gesluit nadat brandstoftenkwa op N1 brand – VIDEO

───   09:24 Wed, 12 Jul 2023

Pad steeds gesluit nadat brandstoftenkwa op N1 brand – VIDEO | News Article
Die brandende brandstoftenkwa, wat ’n vrag van 93 000 liter paraffien vervoer het.

Die N1 by Bloemfontein sal gesluit bly totdat die ondersoek en opruiming afgehandel is nadat ’n brandstoftenkwa op die N1 noord aan die brand geslaan het. Dit het naby die Nelson Mandelarylaan-afrit gebeur.

Bloemfontein Courant berig daar is in hierdie stadium geen aanduiding van hoe lank die N1 tussen Walter Sisuluweg en Nelson Mandela-rylaan gesluit sal wees nie.

VR Med het vanoggend ’n kennisgewing uitgereik dat verkeer via Walter Sisulu-weg herlei word.

Die N1 tussen Walter Sisulu-weg en Nelson Mandela-rylaan bly eers gesluit. Foto: Bloemfontein Courant/Justine Fortuin

Motoriste word aangeraai om spoed te verminder en die gebied te vermy. Die sluiting van die pad kan die verkeer ontwrig wat tot vertraagde reistyd kan lei.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, het Dinsdagaand gesê dat verskeie nooddienste, insluitende die Mangaung-brandweer en -reddingsdienste, onmiddellik op die voorval gereageer het.


“Met hulle aankoms op die toneel het die owerhede die pad in albei rigtings gesluit om die veiligheid van padgebruikers te verseker. Die brandstoftenkwa, wat 'n vrag van 93 000 liter paraffien vervoer het, het 'n aansienlike risiko ingehou,” het sy gesê.

Twee mense is lig beseer en is na die die Nasionale Distrikshospitaal geneem. Die beseerdes se toestand is stabiel. 

Die polisie, die Vrystaatse Kollege vir Noodsorg, Provinsiale EMS, Provinsiale Verkeer, Life EMS, ER24, NetCare911, en VR Med het almal ’n lewensbelangrike rol op die toneel gespeel, sê Mophethe.

Bloemfontein Courant/Justine Fortuin


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.