On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with James
Listen Live Streams

Central SA

Rekenmeester, man in hof nadat Jan Taks R9 miljoen verlies ly

───   11:06 Sun, 26 May 2024

Rekenmeester, man in hof nadat Jan Taks R9 miljoen verlies ly | News Article

“Geld is tussen verskillende bankrekeninge geskuif. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het werklike verlies van meer as R9 miljoen gely.”

’n Rekenmeester en haar man sal Maandag (27/5) voor die Kroonstadse landdroshof verskyn vir ’n formele borgtogaansoek vir aanklagte van bedrog nadat SARS ’n verlies van R9 miljoen gely het.

Die rekenmeester (35) en haar man (36) staan tereg op aanklagte van bedrog, oortreding van die Belastingadministrasiewet en geldwassery, sê Zweli Mohobeleli, Valke-woordvoerder. “Hulle is Woensdag (22/5) deur Welkom se ondersoekspan vir ernstige handelsmisdaad in Gqeberha in hegtenis geneem.”

Hy voeg by dat die rekenmeester, wat verantwoordelik was vir die boekhouding van vier vragmaatskappye op Parys, na bewering bedrieglike belastingopgawes namens hierdie maatskappye ingedien het.

‘Die Inkomstediens het verliese van meer as R9 miljoen gely’

Die misdaad is tussen 2018 en 2022 gepleeg. Daarbenewens het sy na bewering verdere bedrieglike opgawes namens haar man ingedien, wat destyds deur ’n maatskappy in diens was wat projekte by verskillende myne uitgevoer het.

“Geld is tussen verskillende bankrekeninge geskuif. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het werklike verliese van meer as R9 miljoen gely,” voeg hy by.

Voorts is ondersoekers besig om ander individue en entiteite wat betrokke is, vas te trek.

OFM Nuus cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.