On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

International

Derde pasgeborene deur dieselfde ouers weggegooi

───   11:45 Thu, 06 Jun 2024

Derde pasgeborene deur dieselfde ouers weggegooi | News Article
Baba Elsa se ouers het haar twee boeties ook weggegooi. Foto: X

“DNS-toetse het onthul dat Elsa die sussie van twee ander babas is wat in dieselfde omgewing weggegooi is.”

’n Babameisie wat vroeër vanjaar in ’n inkopiesak in die ooste van die Britse hoofstad gevind is, is die derde kind wat die afgelope sewe jaar deur dieselfde ouers in soortgelyke omstandighede weggegooi is.

Besonderhede van die saak is Dinsdag bekend gemaak, nadat ’n regter in ’n gesinshof in die ooste van Londen gesê het die storie is van openbare belang. Die BBC en PA Media is toestemming gegee om ook oor haar twee boeties verslag te doen. Regter Carol Atkinson het gesê die storie is van “groot openbare belang” aangesien babas baie selde in moderne Brittanje weggegooi word.

Die babadogtertjie, genaamd Elsa, is deur ’n persoon ontdek wat een aand in Januarie met hul hond naby ’n besige aansluiting in die Newham-distrik gaan stap het, sê die polisie.

Daaropvolgende DNS-toetse het onthul dat Elsa die sussie is van twee ander babas wat ook in dieselfde area weggegooi is.

Harry, die eerste baba, is in September 2017 in ’n park in Newham gevind. In Januarie 2019 is ’n ander baba, genaamd Roman, by ’n kinderspeelarea deur stappers ontdek. Hulle was in komberse toegedraai. Een was ook in ’n sak. Hulle is almal in dieselfde gebied van Londen gevind.

Die gesinshof het gehoor dat die kinders – wie se name nou verander is – almal sal weet dat hulle broers en susters is, en daar is planne dat hulle een of ander soort kontak sal hê terwyl hulle grootword.

Ten spyte van versoeke deur die metropolisie is hul ouers nog nie geïdentifiseer nie.

OFM Nuus cg/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.