On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Vier van GWK vas weens beweerde geldwassery van R700 000

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:18 Sun, 25 May 2025

Vier van GWK vas weens beweerde geldwassery van R700 000  | News Article
Schalk en Leolene Pienaar. Foto: Facebook/Leolene Pienaar

Vier verdagtes van ’n Noord-Kaapse landboumaatskappy sal na verwagting Dinsdag (27/5) in die hof verskyn vir ’n voorverhoorvergadering op aanklag van korrupsie, bedrog en geldwassery.

Saal Andrico Brenton is Woensdag (21/5) in hegtenis geneem en het dieselfde dag kortliks in die Prieska-landdroshof  verskyn weens vyf aanklagte van geldwassery. Hy is op borgtog van R300 vrygelaat, sê ao. Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder.

Hy sal Dinsdag by sy medebeskuldigdes – Schalk Pienaar (37), Leolene Pienaar (34) en Patricia Booysen (34) – aansluit, wat op 18 Desember 2024 in hegtenis geneem en later op borgtog vrygelaat is. Hulle staan tereg op 39 aanklagte van korrupsie, 48 van bedrog en 78 van geldwassery.

Daar word beweer dat die viertal tussen April 2020 en Oktober 2021 GWK uit R705 005,50 bedrieg het.

Vrou na bewering as verskaffer geregistreer

Schalk, hoofbeskuldigde en destyds ’n toesighouer by ’n vulstasie, het sy vrou na bewering bedrieglik as ’n verskaffer geregistreer.

Volgens Mnisi is die registrasie voltooi sonder om die verhouding tussen die betrokke individue bekend te maak, soos vereis deur GWK se beleid.

“Schalk het na bewering saamgesweer met sy kollega, Booysen – ’n administratiewe klerk – om vervalste fakture ten gunste van Leolene in te dien. 

Schalk het bedank voor die ondersoek

Ná die beweerde betalings in Leolene se rekening is ’n gedeelte van die fondse glo na Booysen se persoonlike bankrekening oorgeplaas.”

Sy sê die Valke se ondersoek het verder aan die lig gebring dat Brenton na bewering ook voordeel getrek het uit die opbrengs van die skema en nou vyf aanklagte van geldwassery in die gesig staar.

Schalk het bedank voordat die saak vir ondersoek oorhandig is, terwyl Booysen se diens daarna beëindig is.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.