On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Begroting: Noord-Kapenaars verdien beter, sê VF Plus

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:03 Tue, 29 Jul 2025

Begroting: Noord-Kapenaars verdien beter, sê VF Plus | News Article
Foto ter illustrasie

Die mense van die Noord-Kaap verdien meer as beloftes en begrotingsretoriek, veral nadat in die onlangse begrotingsdebatte ernstige kommer uitgespreek is.

Ten spyte van aanbiedings wat tegnies volledig was en met entoesiasme gelewer is, bly die begroting fundamenteel gebrekkig, meen Theo Joubert, VF Plus-wetgewerlid.

Die mense van die provinsie verdien sigbare, meetbare verbetering, sê hy. Daarsonder word hierdie begroting “nog ’n vermorste geleentheid – dit slaag nie daarin om die provinsie se agteruitgang met die nodige dringendheid en verantwoordbaarheid te stop nie”.

Theo Joubert, VF Plus-wetgewerlid. Foto: vfplus.org

Die voortdurende ineenstorting van dienslewering in belangrike departemente moet met werklike optrede die hoof gebied word. Joubert sê in die gesondheidsektor is merkbare onderprestasie in hospitale en plattelandse klinieke. 

“Personeeltekorte duur voort en mediese eise bly styg, ten spyte van aansienlike begrotingstoewysings. Die agteruitgang van (instellings) in gebiede soos Kuruman en Kakamas is eenvoudig onaanvaarbaar.”

Die departement van maatskaplike ontwikkeling se entoesiasme word erken, maar tasbare impak op gemeenskappe is steeds afwesig. In baie landelike gebiede word mense aan hul lot oorgelaat, met min of geen ontwikkelingsinisiatiewe nie, buiten maatskaplike toelaes.

Die Phokwane-munisipaliteit. Foto: Facebook

Joubert sê ten spyte van herhaalde omkeerstrategieë wat deur die Tesourie en die uitvoerende gesag vir sukkelende munisipaliteite, duur voortlopende mislukkings in munisipaliteite soos Phokwane en Renosterberg voort.

“Dit is slegs twee van die nege finansieel noodlydende munisipaliteite, hoofsaaklik weens wanbestuur. Hierdie situasie ondermyn direk die lewering van noodsaaklike dienste soos water, sanitasie en openbare veiligheid.”

Die departemente van vervoer en ekonomiese ontwikkeling bly in gebreke om werklike groei te lewer of kritieke infrastruktuur te verbeter, sê hy. 

LEES OOK: Kimberliete eis dringende optrede midde-in spanning met munisipaliteit

“Die verslegtende toestand van paaie, veral in landelike gebiede, belemmer nie net boerderybedrywighede nie, maar onderdruk ook toerisme. Toerisme bly ’n slapende reus – een wat enorme potensiaal vir werkskepping en ekonomiese opheffing inhou.”

Die VF Plus verlang ’n prestasiegebaseerde begroting, ’n omvattende forensiese oudit van munisipaliteite in finansiële nood en onderpresterende entiteite, en ’n moratorium op swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in strategiese en tegniese aanstellings.

LEES OOK: Ramaphosa besoek Noord-Kaap om munisipale regering te verbeter

“Infrastruktuur en dienslewering sal slegs verbeter deur die indiensneming van gekwalifiseerde en bekwame professionele persone.”

Joubert hoewel die VF Plus die Noord-Kaap se begroting in sy geheel steun, kan begrotings vir departemente soos gesondheid en plaaslike regering (Coghsta - samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake) nie gesteun word nie.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.