On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse kamma-makelaar se verhoor begin dan

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:53 Tue, 29 Jul 2025

Noord-Kaapse kamma-makelaar se verhoor begin dan | News Article
Ruan Maritz. Foto: SAPD

Die Noord-Kapenaar (30) wat daarvan beskuldig word dat hy beleggers uit miljoene rande bedrieg het, sal op 10 Oktober verhoor word.

Ruan Maritz het op 18 Julie in die spesialishandelsmisdaadhof op Hartswater verskyn op ’n aanklag van bedrog, nadat hy na bewering beleggers uit R2 miljoen bedrieg het, sê kol. Tebogo Thebe, Valke woordvoerder.

Maritz het na bewering voorgegee dat hy ’n makelaar vir Quick Trade Investment and Forex Trading was en het toegeslaan op die klaers en ander potensiële beleggers, sê Thebe. Die beleggingsooreenkoms het na bewering bepaal dat as beleggers 50% van die totale belegging bydra, Maritz die oorblywende 50% sou bydra. 

Vermeende Noord-Kaapse bedrieër se saak na handelsmisdaadhof oorgeplaas | News Article

Ruan Maritz. Foto: Facebook/Ruan Maritz

Hy het egter na bewering nie sy deel van die ooreenkoms nagekom nie. 

Die Valke se Ernstige Handelsmisdaadondersoekeenheid het Maritz op 25 Maart in hegtenis geneem. Hy is die volgende dag borgtog van R50 000 toegestaan.

Intussen sal twee ander inwoners van die Noord-Kaap weer op 5 Augustus in die Douglas-landdroshof verskyn in ’n saak rakende mynregtebedrog. Roslyn Crossingham (72) en Martha Rapetsoa (49) het onderskeidelik Woensdag (9/7) en 19 Junie in die hof verskyn. 

Borgtog vir Noord-Kaapse vrou wat glo mynregte verkoop | News Article

Roslyn Crossingham. Foto: SAPD

Crossingham is op borgtog van R15 000 vrygelaat en Rapetsoa op borgtog van R800. Crossingham en Rapetsoa is onder die beskuldigdes in die saak en dien as mededirekteure van Rowen Tree 60, het ao. Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, voorheen aan OFM Nuus gesê.

Rapetsoa word daarvan beskuldig dat sy ’n aansoek om prospekteerregte te hernu, teruggetrek het, ten spyte daarvan dat die aansoek reeds deur die departement van minerale hulpbronne en energie verwerk is. Crossingham word ook daarvan beskuldig dat sy in 2012 ’n aansoek by die departement teruggetrek het om die maatskappy se prospekteerregte te hernu.

Volgens Mnisi het Crossingham en haar mededirekteure, ten spyte van die terugtrekking, die maatskappy en sy nou ongeldige mynregte in 2015 vir R100 000 aan ’n sakeman verkoop.

Terugtrekkingsbrief weggesteek

“Voordat die betaling voltooi is, het Crossingham na bewering die maatskappy weer verkoop – hierdie keer aan die klaer – terwyl sy die terugtrekkingsbrief weggesteek het om dit te laat lyk asof die prospekteerregte steeds geldig was.” Die klaer het, onder die indruk dat die regte steeds geldig was, R1,368 miljoen vir die maatskappy betaal.

Mnisi verklaar dat R100 000 van daardie bedrag na bewering na die persoonlike bankrekening van een van die direkteure oorgeplaas is. “Die transaksie het na bewering daartoe gelei dat die klaer die volle R1,368 miljoen verloor het.”

Nog inhegtenisnemings word in verband met die bedrog verwag.

OFM Nuus cg/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.