On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Langdurige rioolkrisis in Postmasburg nou na wetgewer – VF Plus

───   14:30 Fri, 15 Aug 2025

Langdurige rioolkrisis in Postmasburg nou na wetgewer – VF Plus | News Article
Die toneel vroeër vandeesmaand in die begraafplaas op Postmasburg. Foto: Facebook/NJ Projects

’n Langdurige rioolkrisis op Postmasburg sal nou na die Noord-Kaapse wetgewer geneem word en volgehoue druk sal uitgeoefen word totdat die saak opgelos is en diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou word, sê die Vryheidsfront Plus.

Die party sê die tyd vir verskonings is verby en dat die inwoners in Postmasburg ’n skoon, veilige en menswaardige omgewing verdien om in te leef en te werk. Dit kom nadat ’n opvolgbesoek aan Postmasburg aan die lig gebring dat die rioolramp in die Tsantsabane-munisipaliteit onopgelos bly.

Dit is die geval ten spyte van twee opdragte van die nasionale departement van water en sanitasie in 2019 en 2022 wat die munisipaliteit gelas het om die besoedeling te stop, sê Theo Joubert, LPW van die Vryheidsfront Plus.

“Pleks van verbetering het die toestand versleg. Rou riool is steeds sigbaar in verskeie woonbuurte, met ’n ondraaglike stank wat ernstige gesondheidsrisiko’s inhou, veral vir kinders en bejaardes.”

Riool dam op in strate in Postmasburg. Foto: VF Plus

Hy sê sommige pompstasies is buite werking en kritieke infrastruktuur word verwaarloos. “Een van die 2022-direktiewe het gevolg op ’n geval waar E. coli in die longe van ’n jaar-oue kind kind gevind is, ’n duidelike aanduiding van die gesondheidsgevare wat deur die voortdurende rioolbesoedeling veroorsaak word.”

Volgens Joubert het die munisipaliteit se versuim om infrastruktuur te onderhou, nie net die openbare gesondheid in gevaar gestel nie, maar laat dit ook die waarde van eiendom daal, wat moontlik die weg baan vir regseise.

“Vroeër vanjaar het die Groen Skerpioene bevestig dat hulle moontlike oortredings van die nasionale omgewingsbestuurswet en ander omgewingswette ondersoek, wat kan lei tot strafregtelike vervolging van die betrokke amptenare en munisipaliteit.”


Die rioolbesoedeling skep ernstige gesondheidsgevare in Postmasburg. Foto: VF Plus

Dit nadat die VF Plus se formele klag, ondersteun deur onafhanklike laboratoriumresultate, onaanvaarbare vlakke van waterbesoedeling getoon het.

Joubert sê die party het die departement van water en sanitasie versoek om onmiddellik teen die munisipaliteit op te tree en die Groen Skerpioene met alle nodige dokumentasie en bewyse by te staan.

Die party het beklemtoon dat die voortgesette minagting van wetgewing, omgewingsbeskermingsvereistes en inwoners se grondwetlike regte onaanvaarbaar is, en dat sterk maatreëls nou die enigste pad vorentoe is, sê Joubert.

OFM Nuus cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.