On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with James
Listen Live Streams

Central SA

Saak van Glen-kleuter se pa uitgestel tot Januarie

───   ZENANDE MPAME 16:51 Thu, 04 Dec 2025

Saak van Glen-kleuter se pa uitgestel tot Januarie | News Article
Saak van Glen-kleuter se pa uitgestel tot Januarie. Foto verskaf

Die verhoor van die vermeende moordenaar van ’n kleuter van Glen, noord van Bloemfontein, is tot einde Januarie uitgestel.

Die 30-jarige beskuldigde het Donderdag (4/12) virtueel uit die Grootvlei-gevangenis buite die stad voor die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Die saak is tot 26 Januarie 2026 uitgestel. Hy is begin November vir maandelange sielkundige waarneming na die Vrystaatse psigiatriese hospitaal verwys.

Omdat die driejarige slagoffer ook seksueel aangerand is, mag die verdagte se naam eers bekendgemaak word nadat hy formeel gepleit het. Hy is op Sondag 26 Oktober in hegtenis geneem nadat ’n voetganger aan die buitewyke van die nedersetting op Katleho Leeuw se liggaam afgekom het.

Katleho is drie dae tevore as vermis aangemeld, waarna die polisie en inwoners ’n wye soektog van stapel gestuur het. Sy is op Dinsdag 4 November in die plaaslike begraafplaas ter ruste gelê.

Die verdagte het tydens sy vorige hofverskyning sy borgtogaansoek laat vaar. Tydens sy eerste verskyning is onthul dat hy in 2018 aan statutêre verkragting skuldig bevind is en ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê is. ’n Beskermingsbevel wat deur die slagoffer teen hom verkry is, is steeds van krag.

Intussen word die borgaansoek van Katleho se ma, Vuyiswa Leeuw (29), Vrydag (5 Desember) in dieselfde hof voortgesit. Sy word aangekla van die ontvoering en moord op Onkarabetse Leeuw (5), haar niggie se kind. 

Leeuw het Donderdag vlugtig verskyn, maar die verrigtinge is uitgestel weens die hoë profiel van die saak en groot mediabelangstelling.

“Dit verbaas my dat twee kinders, wat verwant is, onder soortgelyke omstandighede gesterf het,” het MaQueen Letsoha Mathae, premier van die Vrystaat, voorheen gesê. “Dis selfs erger dat twee familielede van die slagoffers in hegtenis geneem is en van hul moord aangekla word.”

Volgens Letsoha Mathae kan eie reg nie goedgepraat word nie, ongeag waardeur mense gaan. 

LEES OOK: Ma van vermoorde Glen-kleuter sit borgaansoek voort

Leeuw, die niggie van Onkarabetse se ma, Rethabile (20), het tydens haar vorige hofverskyning probeer om haar vyf maande swangerskap met ’n kombersie te verbloem.

Onkarabetse is op Donderdag 20 November saam met die driejarige in Glen begrawe. Sy is op 8 November deur haar ma as vermis aangemeld by die plaaslike polisiekantoor.

Ná ’n vier dae lange soektog is haar liggaam onder ’n kartonboks in digte plantegroei aan die suidelike buitewyke van die nedersetting gevind.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM News/Zenande Mpame mvh 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.