On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Waterveiligheid: So maak mens

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:23 Thu, 18 Dec 2025

 Waterveiligheid: So maak mens | News Article
Swembaddens moet omhein wees. Foto: Morné van Rooyen

Desember is ’n tyd wanneer Suid-Arikaners meer tyd in en om water deurbring, van swembaddens tot watervalle en die see.

Hoewel dit vir pret en ontspanning sorg, verhoog tyd in en om die water ook die risiko van ongelukke, veral vir jong kinders. Iemand kan in ’n oogwink verdrink, selfs in vlakwater.

Veral tydens somertyd is dit lewensbelangrik om die veiligheid van jou swembad te op te skerp.. Eenvoudige maatreëls soos ’n stewige heining, die gebruik van ’n swembadbedekking en konstante toesig, kan ’n kind se lewe red, berig Childsafe.

Belangrike wenke om jou kinders veilig rondom water te hou:

  1.  Swembadseile : ’n Swembadnet of stewige seil moet oorgetrek word wanneer niemand swem nie. Maak seker jy verstaan hoe om dit reg te gebruik en laat dit gereeld versien volgens die installeerder se aanwysings. Onthou, ’n net van goeie gehalte is slegs veilig as dit reg geïnstalleer is en stewig vasgemaak word.
  2.  Swembadalarms: Dit kan jou waarsku wanneer iemand die water binnegaan. Dit behoort egter nie jou enigste veiligheidsmaatreël te wees nie. ’n Hekalarm, wat loei wanneer die hek oopgaan, is ook nuttig, solank dit ook saam met al die ander maatreëls toegepas word.

’n Net van goeie gehalte is slegs veilig indien dit korrek geïnstalleer is. Foto: iStock

Jou optrede

Hoewel swemlesse belangrik is sodra jou kind oud genoeg is, moet jy nooit net op swemspeelgoed of -lesse staatmaak om jou kind te beskerm nie. Onthou, geen kind is ooit werklik veilig teen die gevaar van verdrinking nie.

  •  Kinders moet nooit sonder volwasse toesig swem of sonder toesig om die swembad speel nie.
  •  Waarsku jou kinders om nie roekeloos om die swembad te speel nie.
  •  Vermy enige afleidings wanneer jy toesig hou oor kinders in die water.
  •  Leer hoe om kardiopulmonêre resussitasie (KPR) toe te pas, sodat jy altyd voorbereid sal wees is in ’n geval van nood.
  •  Laat kinders, sodra hulle oud genoeg is, oefen om met hul klere aan in die water te dryf.
  •  Leer jou kind om nooit in onbekende waters te duik of te spring nie, ook nie waar daar ander swemmers in die pad is nie.

Bekommerd oor die buurman se swembad?

  • Indien die veiligheidsmaatreëls by jou buurman se swembad nie aan jou standaarde voldoen nie, maak seker dat jou kinders nie toegang daartoe het nie.
  •  Indien ’n oppasser bedags tuis na jou kinders omsien, maak seker dat hy of sy wel kan swem, alle veiligheidsmaatreëls verstaan en in KPR opgelei is.Sani Valley Lodge. Foto: Morné van Rooyen

Addisionele waterveiligheidswenke van NetCare911

  •  Moet nooit kinders alleen in die bad los nie. Ignoreer die telefoon of deurklokkie, of neem jou kind saamwanneer jy dit moet beantwoord.
  •  Gebruik ’n glyvaste mat in die bad.
  • Hou toilette toe met ’n veiligheidsknip.
  •  Maak baddens, emmers en klein poele leeg ná gebruik. Moet dit ook nie laat rondstaan nie.
  • Beveilig jou visdam.
  •  Maak seker dat die tuinier die belangrikheid van waterveiligheid verstaan en dat hulle nie hekke ooplos of swembadnette verwyder nie.
  •  Maak seker dat kinders nie toegang tot die jacuzzi het nie.
  •  Indien jy naby ’n rivier of dam woon,omhein jou erf, sodat kinders nie sonder toesig die water kan bereik nie.
  •  Gebruik altyd reddingsbaadjies tydens bootvaarte.
  • Hou jou oog altyd op jou kinders op die strand.  Laat hulle slegs toe om te swem daar waar lewensredders gestasioneer is.
  •  Laat jou kind noodnommers memorsieer. Maak ook seker dat enige kinderoppasser hierdie nommers ken en weet wat om te doen in die geval van nood.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

OFM Nuus/Charne van der Merwe

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.