Entertainment
Besoek Maluti-kersieroete dié naweek: Waar erfenis en oes mekaar ontmoet─── 10:59 Mon, 17 Nov 2025
Sponsored10:59 Mon, 17 Nov 2025
Wanneer die gedreun van ’n ou stoomtrein oor die vlaktes van die Oos-Vrystaat weerklink en die kersiebome rooi blink in die son, weet jy jy’s op heilige grond – dié van geskiedenis, gasvryheid en groei.

Die Oos-Vrystaat, met sy asemrowende berge en goue vlaktes, is tereg bekend as die juweel van Sentraal-Suid-Afrika. Hier leef die verlede en die hede in perfekte harmonie – veral in kersietyd.
Van 20 tot 22 November 2025 vier twee plase op die R26 by Fouriesburg en Ficksburg die streek se kultuur, erfenis en kersieseisoen met die Ionia Cherry Crop Celebration en die Maluti Militêre Fees. Dis die ideale kombinasie van Vrystaatse gasvryheid, geskiedenis en smaak – iets vir die hele familie om te beleef.
Vier kersietyd in styl
Vier die kersie-oes by Ionia Cherry Farm met ’n naweek vol geur, pret en Vrystaatse sjarme. Geniet vars, sappige kersies, musiek, ’n Kersmark met uitstallers van regoor die land, en neem deel aan kompetisies, verken ambagstalletjies en ontspan by die Ionia Farmstall.
Hoogtepunte sluit in:
•Vars kersies in oorvloed
•Kersiepluktoere
•Ionia Waffle House
•Wynproe met kersies en kaas langs die Cherry Cave Bar
•Optredes deur onder andere Rian Benadé, Appel, Die Rowers, Chris Steyn en Rudo Schwim
•Pretstap en Pilates in die boorde
•Kindervermaak en -aktiwiteite
•Oornagkampering onder die sterre
Koop jou kaartjies by: ioniacherryfarm.co.za. Navrae: 072 585 3684.
Stap terug in tyd
Op 21 en 22 November word die Sandstone Heritage Museum se veld en spore weer lewend tydens die Maluti Militêre Fees – ’n viering van Suid-Afrikaanse militêre én landbou-erfenis. Dis nie net nog ’n uitstalling nie, maar ’n belewenis vol rook, ratte, stories en mense wat self daar was.
Organiseerders G5 Events het reeds met hul Pro Patria Militêre Fees in 2022 alle verwagtinge oortref toe meer as 5 000 besoekers opgedaag het. Dié sukses bevestig die diepe verbintenis wat Suid-Afrikaners steeds met hul geskiedenis het – en die behoefte om dit saam te beleef.
Die Sandstone Heritage Museum is wêreldbekend vir sy smalspoortreine, werkende trekkers en uitgebreide versameling van meganiese en landbou-erfenis. Gedurende die fees kan besoekers nie net kyk nie – hulle kan self ry, luister, leer en deelneem.
Wat wag op jou:
•Stoomtreinritte deur die pragtige Maluti-landskap
•Ossewa-ervarings in die veld
•Vlugte in oorspronklike Tiger Moth-vliegtuie
•Ritte in werkende militêre voertuie
•Veldslagdemonstrasies en gesprekke met veterane
•Meer as 50 militêre voertuie en 700 veteraantrekkers op uitstalling
•Van die vroegste landboumasjiene tot moderne tegnologie
•Veldkombuise, boekverkopers en versamelaars van regoor die land
Die fees dek vyf geskiedkundige eras – van die Voortrekker-oorloë en die Anglo-Boereoorlog tot die Wêreldoorloë, Grensoorlog en moderne verdedigingstegnologie. Dit maak dit gelyktydig ’n leerervaring vir jong mense, ’n terugblik vir veterane, en ’n gesinsnaweek wat sin maak – sonder die stowwerige museumsaal.
Koop kaartjies hier: malutimilitaryfair.com. Navrae: events@g5.co.za.com.
Die kombinasie van die Maluti Militêre Fees en die kersie-oes maak die Oos-Vrystaat die plek om te wees – ’n fees van erfenis, natuur en menslike warmte.

