Entertainment
SLIM: Koop Slim, Kweek Intelligente Maatjies─── 09:40 Thu, 04 Dec 2025
Sponsored09:40 Thu, 04 Dec 2025
Hierdie is 'n wonderlike geleentheid vir ouers om met insig te belê in hul kinders se toekoms!
In 'n wêreld waar Kersgeskenk-rakke oorvol is en die navorsing oor Suid-Afrikaanse kinders se leesbegrip al hoe kommerwekkender raak, is dit verstaanbaar dat ouers en grootouers wonder: Wat is die beste, mees geskikte, en mees waardevolle item vir my kind?

Ons het met Agneta Grové, die dryfkrag agter SLIM – Speel en Lees vir Intelligente Maatjies, gesels oor haar unieke aanlynwinkel. Agneta is self 'n gesoute Spraakterapeut en Oudioloog met 45 jaar se kliniese ervaring en 'n onwrikbare passie vir kinders se ontwikkeling.
Die Leemte wat SLIM Vul
Agneta het tydens haar lang loopbaan 'n duidelike leemte gesien: die tekort aan Afrikaanse boeke en die behoefte aan leiding vir ouers oor watter speelgoed watter vaardighede ontwikkel. “Speel en lees is die twee groot pilare waarop ontwikkeling plaasvind,” verduidelik sy.
Dit is hoekom SLIM gestig is. Waar sy aanvanklik net in haar praktyk begin het, het die behoefte daartoe gelei dat sy uitbrei na 'n aanlyn platform, sodat alle ouers en versorgers kan baat vind. Die naam sê alles: Speel en Lees vir Intelligente Maatjies. Soos die bekende Dr. Seuss sê: “Hoe meer jy lees, hoe meer kennis het jy. Hoe meer jy leer, hoe meer plekke besoek jy.”

Koop SLIM: Die Verskil in Keuse
SLIM is nie maar net nog 'n winkel vol opvoedkundige produkte nie – dit is 'n begeleidingstelsel vir ouers. In teenstelling met die oorweldigende rakke in winkels, help SLIM jou om met insig te koop.
Agneta het vier unieke filters op die webblad ingesluit wat jou na die perfekte produk lei:
- Ouderdom: Kies maklik tussen 0-3, 3-6, 6-9 of 9+.
- Produk: Soek spesifiek vir Boeke (Fiksie, Feite, Aktiwiteite) of Speelgoed (Buitespel, Fantasie, Kuns, Tafelaktiwiteite).
- Prysklas: Pas jou begroting aan.
- Vaardighede (Die Krag van SLIM): Dit is die belangrikste filter. Jy kan kies uit 20 verskillende vaardighede wat jy doelbewus wil ontwikkel, soos Kreatiwiteit, Fyn- of Groot Motories, Oog-Hand Koördinasie, Taal, Wiskunde, Redenasie, Visuele Persepsie en Woordeskat.
Jy kan dus jou kind se sterk punte verder ontwikkel óf aan swakker punte werk. Dit verseker sinvolle interaksie tussen jou en jou kind.

Skermtyd vs. Samesyn
Agneta waarsku teen die negatiewe impak van oormatige skermtyd, wat navorsing toon swakker taalontwikkeling, swakker fokus en selfs gemoedsversteurings kan veroorsaak. Sy bepleit perke: onder 18 maande geen blootstelling (behalwe video-oproepe) en bo 6 jaar nie meer as 2 ure nie.
Die beste belegging bly in boeke en opvoedkundige speelgoed. “Belê dus eerder in boeke en samesyn met jou kind en ontwikkel lees as 'n vaardigheid tot leer en slim word!”

Kersfees Aanbiedinges: Koop Waarde vir Geld
Vir ouers wat oorval voel deur die Kersfees-uitgawes, verseker Agneta dat SLIM se produkte billik geprys is, en die kennis van watter vaardighede jy daarmee ontwikkel, verseker jy koop waarde vir geld.
Moenie die kans misloop om hierdie Kersfees SLIM te koop nie:
- 10% afslag vir aankope bo R1000.
- 20% afslag vir aankope bo R2500.
Besoek SLIM vandag en gee vir jou kind die gawe van lees en sinvolle spel.
