Food
What's on the Menu - 'n Volle gesinsete─── 17:21 Thu, 03 Nov 2022
Hierdie week het Sjef Maradine besluit op kerrie-eiers en melktert vir 'n feestelike ete wat almal tevrede sal laat.
Kerrie-eiers
Braai 2 middelmatige uie in 2 eetlepels olie
Hou eenkant
In ’n kastrol plaas:
3 e koekmeelblom
1 e botter
1 t borrie
½ t kerrie
knippie sout en peper
Metode:
Laat dit smelt en meng goed. Roer gedurig.
Voeg by 2 k water[of melk] by en klits.
Laat dit kookpunt bereik en voeg 1e suiker en half koppie asyn by.
Hierby voeg ek 2t appelkooskonfyt en 2t blatjang
Gooi nou jou sous oor die eiers.

Melktert
Vulsel
25 g margarien
1 l melk + 125 ml melk
80 ml maizena
40 ml meel
1 ml sout
3 eiers
200 ml suiker
5 ml vanilla
kaneel
Verwarm melk en margarien tot kookpunt. Skei 2 van die eiers. Meng die eiergele, 125 ml melk, meel, maizena, sout, heel eier, en suiker saam. Klits bietjie van die kookmelk hierby en meng goed. Gooi die mengsel by die melk en klits gereeld - verkieslik met 'n elektriese klitser - om vorming van klonte te voorkom. Verhit tot kookpunt. Klits eierwitte styf. Roer by melkmengsel, asook vanilla.

What's on the Menu - 'n Volle gesinsete:
