On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Food

Valentynsdag: 5 maklike nageregte

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:23 Thu, 22 Jan 2026

Valentynsdag: 5 maklike nageregte  | News Article
Heerlike nageregte wat nie gebak word nie. Foto: Tesco Recipes

Valentynsdag is om die draai, en hoewel baie van ons die dag spesiaal wil maak, wil nie almal ’n fortuin bestee of ure in die kombuis deurbring nie.

Die goeie nuus! Jy het nie ’n oond, deftige toerusting of duur bestanddele nodig om jou geliefde te beïndruk of te bederf nie. 

As jy ’n romantiese aandete by die huis beplan is dit ideaal vir jou. Dit is maklik om te maak en goedkoop. 

Sjokoladebedekte aarbeie

Min nageregte spel “romanse” soos sjokoladebedekte aarbeie. Smelt jou gunstelingsjokolade, doop vars aarbeie in die sjokolade en plaas dit op bakpapier om te stol. Jy kan wit sjokolade bo-oor drup.

Aarbeie bly ’n groot gunsteling. Foto: Tesco Recipes

Sjokolade en joghurt

Sprinkel enige gebreekte beskuitjies op die bodem van ’n glas of beker. Skep dit vol met romerige Griekse jogurt. Gooi gesmelte sjokolade bo-oor. Verkoel vir ’n uur en spog met ’n ryk, heerlike nagereg.

Sjokolade is altyd ’n wenner op Valentynsdag. Foto: Tesco Recipes

Oreo-nagereg

Druk Oreo-beskuitjies fyn en plaas dit in lae met geklopte room of roomkaasvulsel. Giet gesmelte sjokolade bo-oor. Verkoel tot gestol.

Gebruik Oreo-beskuitjies vir dié nagereg. Foto: Tesco Recipes

Sjokoladebeskuitjietruffels

Meng fyngemaakte beskuitjies met kondensmelk en kakaopoeier, rol in balletjies en bedek met klapper of gesmelte sjokolade. Verkoel tot dit ferm is.

Truffels is altyd ’n gunsteling. Foto: Tesco Recipes

5. Grondboontjiebotter-en-sjokolade 

Bedek onderste deel van kolwyntjiepapierhouers met gesmelte sjokolade, voeg ’n lepel versoete grondboontjiebotter by, bedek met nog sjokolade. Laat dit in die yskas stol tot ferm.


Grondboontjies en sjokolade is ’n wenkombinasie. Foto: Tesco Recipes

Bron: Tesco Recipes.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.