On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Food

What's on the Menu – Smullekker hoenderpotjiekos

───   17:15 Thu, 09 May 2024

What's on the Menu – Smullekker hoenderpotjiekos | News Article
Hoenderpotjiekos. Foto verskaf

Sjef Maradine se resep vir hoenderpotjiekos is ideaal vir die winter.

Hoenderpotjiekos

Bestanddele

45 ml (3 eetlepels) groente-olie

1 kg hoenderdye

15 ml (1 e) hoenderspeserye

4 lourierblare

5 ml (1 tl) tiemie

4 swartpeperkorrels

45 ml (3 eetlepels) blatjang

500 g wortels, geskil en in skywe gesny

6 aartappels, geskil en in skywe gesny

200 g knopiesampioene

1 pot hoenderaftreksel

500 ml (2 koppies) warm water

30 ml (2 eetlepels) mielieblom (opsioneel)

Heerlike hoenderpotjie. Foto verskaf

Metode:

Verhit die olie in 'n gietysterpotije oor warm kole, of in 'n swaarboompot op die stoof. Sprinkel die hoenderdy met hoenderspeserye en braai, 'n paar stukke op 'n slag, tot goudbruin. Voeg die lourierblare, tiemie, peperkorrels en blatjang by en roer goed.


Plaas die wortels, aartappels en sampioene in lae bo-op die hoenderstukke. Los die hoenderaftreksel op in die water en voeg dit by die potjie. Sit die deksel op en prut oor lae kole vir sowat 1 uur en 20 minute, of tot hoender en aartappels gaar is.
As jy jou potjie wil verdik, meng die mielieblom tot 'n pasta met 'n bietjie water, voeg dit by die pot en kook tot verdik.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.