Food
What’s on the Menu – Sosaties─── 09:30 Fri, 17 May 2024
Sjef Maradine is terug en hierdie week gee sy vir ons ’n NAMPO-geïnspireerde resep.
BESTANDDELE:
½ KOPPIE (150g) KORMA KERRIEPASTA
400g INGEDAMPTE OF KLAPPERMELK
800g HOENDERDYE, GESNY
SOUT EN SWART PEPER
NAAN BROOD (gekoop)
Dubbelroom JOGHURT
MINTBLARE
Plaas die kerriepasta, klappermelk, hoender, sout en peper in ’n groot bak en meng. Verkoel vir 30 minute om te marineer. Ryg die hoender op 8 sosatiestokkies in.
Plaas op ’n liggies gesmeerde oondbak en bak vir 15 minute of tot bruin en gaar. Sit voor saam met die naanbrood, joghurt, mintblare en peper.