Food
What's on the menu – Heerlike roosterbrood─── 17:09 Thu, 27 Jun 2024

Die winter is hier en sjef Maradine help ons om warm te bly met smullekker roosterbrood.
Pizzaroosterbrood. Foto verskaf
Bestanddele
4-8 snye geroosterde brood van jou keuse
1 koppie pizzasous
1-2 koppies gerasperde mozzarellakaas
salami of wat jy verkies
1 teelepel origanum
Metode
Voorverhit die rooster van jou oond. Plaas die roosterbrood op 'n bakplaat en voeg 'n ruim lepel pizzasous by. Smeer met die agterkant van die lepel na die hoeke.
Plaas 'n handvol gerasperde mozzarellakaas op gevolg deur salami of enige vulsel wat jy verkies.Sprinkel 'n bietjie origanum oor.
Plaas in die oond en rooster totdat die kaas gesmelt het. Haal uit die oond en laat effens afkoel voor opdiening.
Okkerneutroosterbrood. Foto verskaf
Bestanddele
4 snye volgraanbrood liggies gerooster
90 g bokkaas by kamertemperatuur
1/4 koppie grof gekapte okkerneute
1 teelepel olie
seesout en vars swartpeper
heuning
1/2 teelepel vars tiemie
Metode
Voorverhit die oond of broodrooster tot 375 ° F (190 ° C). Rangskik die brood op 'n klein bakplaat. Smeer die roosterbroodskywe eweredig met die bokkaas en sprinkel die okkerneute oor. Drup 1/4 teelepel van die olie oor elke sny. Bak vir sowat vyf minute tot die okkerneute gerooster en die kaas warm is.
Opdiening
Plaas die roosterbrood in borde en geur met sout en peper. Bedruip elke roosterbrood met heuning, sprinkel dan die tiemieblare oor.
OFM Nuus dg