Health
Pad van medisyne – van laboratorium tot by jou apteek─── 09:00 Thu, 28 Sep 2023
Miki Snyman is die verantwoordelike apteker by Josha Research in Bloemfontein en sluit by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens aan in aptekersweek.
Die pad van medisyne is ‘n wetenskaplike en kliniese proses. Snyman verduidelik wat dit behels vandat ‘n nuwe geneesmiddel ontdek word totdat dit op die mark is.
Sy vertel ook van die verskillende fases in kliniese navorsing waarby sy betrokke is in haar rol as apteker by Josha Research, hul kliniese proewe en die rol van veilige medikasie. Snyman verduidelik ook dat hierdie deel van aptekerwese nie iets was wat sy aanvanklik as beroep oorweeg het nie maar dat dit haar loopbaan totaal verander het en dat sy haar werk baie geniet.

Josha Research is ‘n private kliniese navorsingsfasiliteit in die Vrystaat met wêreldklasgeriewe.

