On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Health

Your Disability Tax help met belastingopgawes vir gestremdes

───   09:00 Wed, 28 Feb 2024

Your Disability Tax help met belastingopgawes vir gestremdes | News Article

“Your Disability Tax" is gestig om die nodige dienste te kan lewer.”

Hoe werk belastingopgawes vir gestremdes? Wat is van die aspekte van belasting waar gestremdes voordeel kan trek, maar wat nie altyd algemene kennis is nie? Luister na die gesprek met Lammert Stavast van Your Disability Tax vir meer.

Lammert Stavast se seun is in 2017 met 'n serebraal gestremdheid gebore en dit het sy gesin se lewe verander. Om doktersafsprake te maak, terapeute te sien, op die internet vir nuwe terapiemetodes te soek en verskillende hulpmiddels te evalueer, het die nuwe norm geword.

As geoktrooieerde rekenmeester het Stavast besef belastingopgawes vir gestremdes en hul gesinne, 'n nagmerrie kan wees. Dit is toe dat hy "Your Disability Tax" gestig het om die nodige dienste te kan lewer. Hy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Familie Fokus om hul dienste  te verduidelik. 

Oorspronklik van Kroonstad is dit vir hom belangrik dat mense in Sentraal-Suid Afrika wat met gestremdhede leef, die beste uit hul belastingopgawes kan put. Daar is verskeie dienste wat sy firma lewer en aspekte van belasting wat hy uit persoonlike ervaring beter verstaan en dus van meer hulp kan wees.


Vir meer inligting besoek: https://yourdisabilitytax.co.za/

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.