On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Health

Eye Care Week 2024

───   11:15 Thu, 07 Mar 2024

Sponsored11:15 Thu, 07 Mar 2024
Eye Care Week 2024 | News Article

Do you want to gain insight into how to maintain optimal eye health and explore the forefront of advancements in eye care?

Mid-Morning Magic’s Yolanda Maartens speaks to the experts about ocular health during Eye Care Week, 11 to 15 March 2024 at 09:30. 

Made possible by Torga Optical in Potchefstroom and Klerksdorp.

Charlandi van der Westhuizen praat oor Vernal Karatoconjunctivitis – ‘n bilaterale, chroniese, inflimmatoeriese kondisie van die konjunktiva.

VKC is ‘n bilaterale, chroniese, inflimmatoeriese kondisie van die konjunkiva. Dit is ‘n allergiese reaksie in die oë wat in jong mense voorkom, veral in seuns onder die ouderdom van 10 jaar. Dit kom ook meer voor gedurende die warmer maande soos lente en somer en is baie algemeen in ons omgewing. Party individue se oë is oorsensitief vir lugdraende allergene soos byvoorbeeld stuifmeel, stofdeeltjies of dierehare wat dan ‘n immuunreaksie veroorsaak in die oë en dan lei tot verskeie simptome. Individue met hierdie kondisie staan gewoonlik in die oggende op met rooi, branderige, tranerige oë wat konstant juk en bietjie geswel voel. Daar word 'n wit mucous afgeskei en die oë is baie ligsensitief. 

Daar is drie tipes VKC wat voorkom naamlik Palpebral-, Limbal- en Gemengde VKC. Palpebral VKC word waargeneem deur groot rooi knoppies aan die binnekant van die boonste ooglid. Hierdie rooi knoppies beskadig die cornea wanneer dit oor die cornea vryf elke keer as die patient hulle oë knip. 

Limbal VKC affekteer die limbus (dit is die swart ring rondom die gekleurde deel van die oog) en wit knoppies (Trantas dots) kan op die ring waargeneem word. 

Die laaste vorm is Gemengde VKC wat ‘n kombinasie van beide vorms is en bevat dan ook albei se simptome en tekens. 

Vir die behandeling van simptome kan koue ligte drukking aangewend word. ‘n Skoon koue waslappie kan vir n paar minute op toe ooglede gehou word. Sekere oogdruppels kan ook gebruik word. Jou oogkundige sal vir jou aanbevelings maak rakende behandeling tydens jou oogtoets. In erge gevalle kan die patient verder verwys word na ‘n oValmoloog om byvoorbeeld steroide voor te skryf om die simptome te verlig.

Die behandeling van VKC is baie belangrik omdat dit kan lei tot ‘n ernstige oogkondisie naamlik keratokonus. Keratoconus ontstaan wanneer individue met VKC simptome die oë aanhoudelik vryf of krap omdat dit juk. Dit lei dan tot ‘n onreelmatig gevormde (of cone shaped) cornea. Keratoconus kan lei tot onomkeerbare verlies van visie. Dus moet VKC patiente gereeld gemonitor word en die simptome moet goed behandel word.

Torga Optical se Jacoline Lourens praat oor gloukoom – ‘n progressiewe kondisie wat die optiese senuwee beinvloed.


Gloukoom is ‘n progressiewe kondisie wat die optiese senuwee beinvloed. Dit gaan gewoonlik gepaard met verhoogte drukking in die oog, wat veroorsaak word deur die opbou van vloeistof. Die verhoogte druk veroorsaak skade aan die optiese senuwee en kan lei tot verlies van perifere visie. 

Gloukoom is ‘n oorerflike kondisie en word gewoonlik eers in mense bo die ouderdom van veertig waargeneem. Gloukoom is die grootste oorsaak van onomkeerbare blindheid en ongeveer 80 miljoen mense wêreld wyd is met gloukoom gediagnoseer. 

Daar is verskillende tipes gloukoom, waarvan “Open Angle” Gloukoom die mees algemene tipe is. Gloukoom staan bekend as “the silent blinder” omdat daar geen noemenswaardige simptome aanvangklik is nie. Die skade wat veroorsaak word deur Gloukoom is egter onomkeerbaar en kan tot permanente verlies van visie lei. Dit is daarom belangrik om gereeld by ‘n optometris of ‘n oogspesialis uit te kom vir 'n oog ondersoek, veral indien daar ‘n familie geskiedenis van gloukoom is. 

Tydens ‘n volledige oogondersoek meet ons die drukking en visuele velde van die oë om vas te stel of dit binne die norm is. Ons neem ook ‘n foto van die retina en optiese senuwee om die gesondheid van die oog te asseseer. Indien daar iets verdag opgetel word kan daar gereël word vir ‘n OCT (Optical coherence tomography) om die lae van die retina meer akkuraat te bestudeer. 

Ongelukkig kan Glaukoom nie ten volle genees word nie. Dit is ‘n lewenslange kondisie waarmee baie mense elke dag saam leef. Die goeie nuus is dat daar behandelings opsies beskikbaar is wat verlies van visie kan beperk. Die eerste opsie vir behandeling is medikasie wat die vloeistof in die oog beheer en so doende die drukking in die oog verlaag. Daar is ook opsies soos operasies en laser behandeling in meer gevorderde gevalle.

Amanda Seccombe talks about what Corneal Blindness is and what the symptoms are.

Nolwethu Dyonase continues her conversation with Amanda Seccombe about Corneal Blindness and what the treatment is.

Marizelle de Winnaar van Torga Optical praat oor die invloed van sistemiese kondisies, soos diabetes mellitus en hoë bloeddruk, op die oog:


Die oog is saamgestel uit ‘n reeks lagies. Hierdie uniekie kenmerk maak die oog vatbaar vir ‘n weie reeks verskillende kondisies. Maar dit kan ook insig verskaf tot baie van die liggaam se sisteme. Met ander woorde, tekens van verskeie sistemiese kondisies kan moontlik opgetel word in die oog, en kan daarom ook 'n effek op die werking van die oog hê. 

'n Interessante feit van die oog is dat die oog die enigste orgaan in die liggaam is waar die bloedvate direk geobserveer kan word. Voorbeelde van sulke kondisies sluit in diabetes mellitus, hoë bloeddruk, VIGS, graves disease en rheumatoid arthiritis om maar net 'n paar te noem. Waarvan diabetes mellitus en hoë bloeddruk die siekte toestande is wat ons die meeste teekom. 

Diabetes mellitus is wanneer die bloedsuiker vlakke in die liggaam verhoog is. Dit is ‘n baie algemene kondisie en kan mense van enige ouderdomme affekteer. Verskeie veranderinge vind in die liggaam plaas as gevolg van diabetes, waar verandering in die oog ook daarvan deel is. Moontlike veranderinge in die oog kan insluit ‘’diabetic retinopathy’’ (veranderinge wat in die retina lagie van die oog se bloedvate plaasvind), “diabetic macular edema’’ (vloeistof wat in die retina lagie van die oog opbou en swelling veroorsaak), katarakte (die lens in die oog wat wolkerig raak) en gloukoom (verandering aan die optisie senuwee van die oog). Sommige simptome sluit dowwe visie, flaktueerende visie, ‘’floaters’’, donker areas van visie en self verlies van visie in.

Verhoogde bloeddruk kan, net soos diabetes mellitus, verskliiende dele van die liggaam insluitend die oog beinvloed. Moontlike veranderinge in die oog sluit in ‘’hypertensive retinopathy” (skade aan die bloevate van die retina lagie in die oog), choroidopthy (versameling van vloeistof onder die retina lagie), optic neuropathy (skade aan die oog se optisie senuwee) en katarakte. Dit kan dan dowwe visie, dubbel visie en kopsere tot gevolg hê. Die moontlike veranderinge en simptome van diabetes en hoë bloeddruk op die oog, vind in gevorderde stadiums van die kondisies plaas, en kan voorkom word deur bloedsuiker- en bloeddruk vlakke in die liggaam te monitor en te beheer. Dit is ook krities belangrik dat ‘n persoon wat aan hierdie kondisies ly, en al op n gevorderde stadium is, gereeld die gesondheid van die oog laat nagaan. As oogkundiges het ons gespesialiseerde apparate waarmee ons hierde moontlike veranderinge kan waarnem en monitor. ‘n Gereelde omvattende oog toets gaan dus nie net daaroor om n voorskrif kry nie, maar ook om na die algemene gesondeheid van die oog te kyk.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.