On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Human Interest

Lolly Jackson se familie vra vir respek

───   12:55 Thu, 06 May 2010

Lolly Jackson se familie vra vir respek | News Article

Manoli Jackson het ’n beroep op die publiek gedoen om respek teenoor sy familie te betoon en nie sy pa, die vermoorde Teazers-baas Lolly Jackson, te veroordeel nie. Op ‘n webwerf saamgestel ter nagedagtenis van Jackson, sê Manoli "dit is eienaardig dat mense steeds nonsens praat van hom, al is hy dood. Hoe sal jy daarvan hou as jou pa vermoor word." Die Facebook-blad, RIP Lolly Jackson, het teen vanoggend reeds 786 lede gewerf. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Hy wou oor niks bespiegel nie. Die ontkleeklub sal nou deur sy 31-jarige weduwee, Demi, bestuur word.

Sapa
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.