On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

International

#Coronavirus: Sewe gevalle in Namibië aangemeld

───   11:20 Wed, 25 Mar 2020

#Coronavirus: Sewe gevalle in Namibië aangemeld | News Article

Die Namibiese regering het sewe positiewe gevalle van die koronavirus bevestig en aangedui dat dit alle grensposte met onmiddellike effek sal sluit.


Ben Nnangombe van die Namibiese regering sê die grensposte by Ariamsvlei na Upington in die Noord-Kaap, asook Noordoewer na Kaapstad, en Buitepos na Botswana, is gesluit terwyl konsultasie met alle belanghebbendes voortgaan. 

Hy sê die gevalle is in die Khomas-streek, wat die hoofstad Windhoek insluit, en Erongo, wat die hawestad Walvisbaai insluit, aangemeld. 

Alle vlugte, waaronder dié na die Upington Internasionale Lughawe asook van Walvisbaai, is gekanselleer. 

Hy sê die invoer van noodsaaklikhede, soos voedsel, sal gemonitor word.  



OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.