On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

International

Vliegtuig met 173 mense aan boord gly van aanloopbaan

───   08:38 Mon, 24 Oct 2022

Vliegtuig met 173 mense aan boord gly van aanloopbaan | News Article
FOTO: Alan Tangcawan / AFP

'n Vliegtuig van die Korean Air-lugredery het Sondag tydens 'n landing by die Cebu-internasionale lughawe in die Filippyne van die aanloopbaan afgegly. Geen beserings is aangemeld nie.

'n Vliegtuig met 173 mense aan boord het laat Sondag van die aanloopbaan by die Cebu-internasionale lughawe in die Filippyne afgegly, sê die lugredery in 'n verklaring.

Die lugredery sê dat daar geen beserings was nie en dat alle passasiers veilig ontruim is.

Die vliegtuig, 'n Airbus A330-breëlyfvliegtuig, het van Seoul na Cebu gevlieg en het twee keer in slegte weer probeer land, voordat dit die aanloopbaan met die derde poging oorskry het.

“Passasiers is na drie plaaslike hotelle begelei en ’n alternatiewe vlug word gereël,” het ‘n woordvoerder van die lugredery gesê. “Ons is tans besig om die oorsaak van die ongeluk te bepaal,” het hy bygevoeg.

’n Video-opname van die toneel het wydverspreide skade aan die vliegtuig getoon. Dit lyk of die landingstuig voor ineengestort het.

Die hoof van Korean Air, Keehong Wu, het 'n verskoning op die maatskappy se webwerf uitgereik en gesê dat Filippynse en Suid-Koreaanse owerhede 'n deeglike ondersoek sal doen om die oorsaak te bepaal.

“Ons bly daartoe verbind om ons belofte van veilige bedrywighede na te kom en ons sal ons bes doen om maatreëls te tref om ’n herhaling te voorkom,” het Wu gesê.

Die A330-300 wat by die ongeluk betrokke was, is in 1998 nuut by Korean Air afgelewer, volgens die vlugopsporingswebwerf FlightRadar24, wat gesê het ander vlugte na Cebu is na ander lughawens herlei of het na hul oorsprong teruggekeer.

Cebu-lughawe het op sy Facebook-blad gesê hy het die aanloopbaan tydelik gesluit sodat die vliegtuig verwyder kan word, wat beteken dat alle binnelandse en internasionale vlugte tot verdere kennisgewing gekanselleer word.

Korean Air het sedert 1997 nie 'n noodlottige passasierongeluk gehad nie, volgens die Aviation Safety Network, 'n webwerf wat lugrederyongelukke saamstel.

Reuters

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.